OOR ONS

TX Auto, wat bykans ‘n dekade terug sy deure in die stad geopen het, kon as gevolg van goeie ondersteuning van sy lojale kliente nog ‘n nuwe tak open.

Dit, met professionele personeel en sommer baie meer opsies.  Die onderneming hou vol met sy bestaande puik diens en transaksies, en beloof om in elke voornemende koper se sak en smaak te voldoen, soos alreeds bewys is. Die naam en identiteit TX Auto getuig van die mate waarop Potchefstromers se belange op die hart gedra word, en verwys juis na die vorige registrasie merk van Potchefstroom.

TX Auto se direksie het gesamentlik meer as 65 jaar ondervinding in die motorbedryf.  Dit alleen spreek boekdele en behoort voornemende kopers ekstra gemoedsrus te gee. Een van die puik prestasies behaal is die feit dat TX Auto aangewys is as MFC (Motor Finance Corporation) se motorhandelaar van die jaar, vir die Potchefstroom omgewing. 

 

TX Auto 2, saam met TX Auto, en sy sustermaatskappye in Klerksdorp en Rustenburg, bied jou nou die keuse van meer as 400 puik gebruikte voertuie.  Meer as genoeg om van te kies en te keur. TX Auto kan jou ook voorsien van enige nuwe motor en waarborg beste inruil pryse vir skoon gebruikte voertuie.

Kom ervaar diens wat jou sal verstom, want hier stap ons nog die ekstra myl, vanwaar ons leuse “TX Auto, die beste niks minder”.

Besoek ons by Nelson Mandela rylaan 27, Potchefstroom 018 293 0288/9, of Luitinghstr 17, Potchefstroom (oorkant brandweer) 018 297 8554/6

Scroll to Top

Contact Us For More Information

preloader